Die rand het Donderdagoggend selfs R18,38 teenoor die dollar getref nadat Amerikaanse rentekoerse oornag skerp verhoog is.
Die Federale Reserweraad (Fed), die VSA se sentrale bank, het Woensdagaand Suid-Afrikaanse tyd sy vierde agtereenvolgende rentekoersverhoging van 75 basispunte aangekondig.
Die rentekoerse in die VSA is op die hoogste vlak sedert 2008, met dié bank wat sy aggressiefste pas tot dusver met rentekoersverhogings sedert die 1980’s voortsit.