Die rand het Maandag vir die eerste keer in byna twee en ’n half jaar tot bo R18 per dollar verswak.
Die wisselkoers het vroegoggend by R18,11 vir ’n dollar gedraai voordat dit tydelik tot sowat R17,97 teruggesak het. Daarna het die greenback weer sy spiere gebult.
Dis die eerste keer sedert Mei 2020, vroeg in die Covid-19-pandemie, dat die rand swakker is as R18 per dollar. Tóé het die rand tot net-net swakker as R19 per dollar gedraai.