Die einde van verpligte toetse en bewys van inenting beteken die koste om na Suid-Afrika te reis is minder.
Dit is volgens Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, baie goeie nuus vir die bedryf wat nog herstel van die impak van meer as twee jaar se Covid-19-regulasies.
Die wegdoening van al die Covid-19-vereistes waaraan aankomelinge in die land moes voldoen, sal ook, buiten vir ’n besparing in reiskoste, die rompslomp met administrasie om hierheen te reis verminder.