Suid-Afrika se stygende Covid-19-infeksies het Amerika genoop om sy reisaanbeveling vir die land na ’n hoër vlak aan te pas.
Suid-Afrika is Maandag van vlak 2 na vlak 3 deur die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) geskuif.
Die CDC stuur kennisgewings uit wat mense inlig oor die moontlike gesondheidsgevare wat reis na lande op elke vlak kan inhou.