By ekonome is daar kwalik twyfel dat die Reserwebank Donderdag die rentekoers gaan verhoog.
Nie minder nie as 95% van die ekonome wat Finder gepeil het, verwag dat die rentekoers verhoog gaan word. Dit beteken net een uit die 22 ekonome wat gepeil is, verwag dat die koers onveranderd gelaat sal word.
Daar is egter ’n interessante verskynsel: Hoewel 95% reken dis wat die Reserwebank wel gaan doen, reken 68% dis die régte besluit. Dus reken sowat 27% van die ekonome die Reserwebank gaan die “verkeerde” besluit vir die land se ekonomiese toestand neem.