Ekonome verskil of dit 50, 75 of selfs 100 basispunte gaan wees, maar almal is dit eens: Die rentekoers gaan Donderdag die sewende agtereenvolgende keer verhoog word.
Ondanks die negatiewe impak op verbruikers en die ekonomie as geheel, is dit dalk ook nie die laaste rentekoersverhoging nie. Daar is wel hoop dat die stygsiklus in Januarie 2023 ten einde sal loop.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, kondig die monetêrebeleidskomitee (MBK) se laaste rentekoersbesluit vir 2022 Donderdag net ná 15:00 aan.