Die verswakking van die rand, voortslepende beurtkrag, skerp stygings in kospryse en hoër as verwagte salarisverhogings het die Reserwebank genoop om die rentekoers wéér te verhoog.
Die verhoging met 50 basispunte beteken die rentekoers is sedert November 2021 al met altesame 475 basispunte (4,75 persentasiepunte) verhoog. Die prima rentekoers van banke word nou 11,75%.
In Maart is die rentekoers ook met 50 basispunte verhoog.