’n Hele paar inflasieskokke lê waarskynlik nog vir Suid-Afrikaners voor, waarsku ekonome – en daarmee saam die verwagting dat die rentekoers nou ’n hele paar keer gaan styg.
Een ekonoom, Jeffrey Schultz van BNP Paribas, verwag nou selfs dat die Reserwebank op 20 Julie die rentekoers met 75 basispunte gaan verhoog, soos wat die VSA se Federale Reserweraad verlede week gedoen het.
Die meeste ekonome verwag ’n verhoging van 50 basispunte.