Was dit regtig vir die Reserwebank nodig om die rentekoers met 50 basispunte – of enigsins – te verhoog?
Die debat oor die motivering vir en impak van Donderdag se rentekoersverhoging het ná die aankondiging voortgeduur. Prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, het dit soos volg opgesom: “Daar is ruimte vir legitieme meningsverskille.”
Hy sê die dilemma is dat hoër rentekoerse ekonomiese groei en werkskepping verder kan belemmer en die risiko vir stagflasie – hoë inflasie, maar trae groei – verhoog.