Nagenoeg R100 miljard gaan vanaf die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), Wêreldbank en Nuwe Ontwikkelingsbank (NDB) geleen word om pres. Cyril Ramaphosa se R500 miljard-stimuluspakket gedeeltelik te finansier.
Die tesourie het Dinsdag aan Netwerk24 bevestig dat aansoek vir $5,25 miljard gedoen is en dat onderhandelinge in ’n gevorderde stadium is.
Die meerderheid sal vanaf die IMF self kom, by wie aansoek gedoen is vir $4,2 miljard. By die NDB (in die spreektaal bekend as die Brics-bank) is $1 miljard gevra, en $50 miljoen sal vanaf die Wêreldbank kom.