Suid-Afrika staan op die drumpel van ’n belangrike geleentheid om sy ekonomiese landskap verbeeldingryk te herskep.
Martin Kingston, medevoorsitter van Business for South Africa (B4SA), sê die Covid-19-pandemie het vernietigende gevolge gehad, maar het ook gewys hoe die samelewing en sakesektor kan saamwerk om Suid-Afrika te herbou.
Kingston het Woensdag op die konferensie Business in Society gepraat wat deur Trialogue aangebied is. Sy opmerkings kom kort voordat pres. Cyril Ramaphosa Donderdag in die parlement sy ekonomiese herstelplan vir die land aankondig.