“Sakelui het besef die EFF kan die land nie tot stilstand dwing nie,” sê Jannie Rossouw, politieke ekonoom en besoekende professor aan die Universiteit van die Witwatersrand se sakeskool, oor die uitwerking van Maandag se #NationalShutdown-betogings op die ekonomie.
Die EFF het Maandag die strate ingevaar in ’n poging om die ekonomie te ontwrig, maar kenners meen die poging was grootliks onsuksesvol.
“Ja, sommige ondernemings was gesluit, maar dit kon ook net vir hulle ’n geleentheid wees om langnaweek te hou danksy die skoolvakansiedag Maandag wat al ’n jaar gelede aangekondig is.