Sanksies teen Russiese olie hou ernstige gevolge vir die wêreldekonomie in.
Verbruikers sal die ergste pyn voel, Amerikaanse ekonomiese groei sal geraak word, Europa sal waarskynlik in ’n resessie verval, en met die grootste skade aan Rusland se ekonomie.
So waarsku Hussein Sayed, hoof van markstrategie by die finansiëledienstegroep Exinity in Abu Dhabi.