Die regering het met sy aanvanklike belegging van R2,5 miljard in die Tshwane- spesiale ekonomiese sone nou al meer as R20 miljard se beleggings deur private maatskappye gelok.
Die sone is spesiaal vir die motorbedryf opgerig en het nou al R16 miljard se beleggings deur Ford gelok.
Ander motorvervaardigers en vervaardigers van onderdele het nou al saam R4,3 miljard in die sone belê.