Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) sê hy weier om met onderhandelinge oor staatsamptenare se lone vir die 2023-’24-boekjaar te begin alvorens die loondispuut oor 2022-’23 se verhoging opgelos is.
Die VSA, wat meer as 235 000 staatsdienswerkers verteenwoordig, beplan ’n protesoptog na die parlement in Kaapstad op 9 Desember, en hy beplan ook protesoptrede by die ANC se leierskonferensie later in Desember, het Reuben Maleka, VSA-woordvoerder, die naweek gesê.
Die beloofde staking wat staatsdienswerkers sou aanpak wat die land tot stilstand sou dwing, het oënskynlik ’n stille dood gesterf nadat die regering eensydig ’n verhoging van 3% in November ingestel het.