Al is die staat van inperking opnuut verleng en verskerp, moet Suid-Afrikaners nie hul asem ophou vir enige stimuluspakkette van die regering se kant af nie – die geld is doodeenvoudig op.
Wat nou gebeur, is ’n fyn balans om die druk op die hospitale te verlig en die ekonomie so oop as moontlik te probeer hou, sê Maarten Ackerman, hoofekonoom van Citadel, aan Netwerk24.
“Hulle besef hulle kan nie die ekonomie weer sluit nie,” sê hy oor die regering.