As beleggers nou die woord “Afrika” hoor, dink hulle aan lande soos Kenia, Nigerië en Egipte.
Suid-Afrika tel nie meer onder die drie belangrikste beleggingsbestemmings op die vasteland nie, sê Vusi Thembekwayo, entrepreneur en waagkapitaal-verskaffer.
Kenia is vir beleggers sinoniem met tegnologie. Nigerië en Egipte bied weer toegang tot groot markte danksy hul hoë bevolkingsgetalle.