Suid-Afrika se eerste tekort op die lopende rekening in jare wat vanjaar verwag word, kom op ’n slegte tyd met buitelandse beleggers wat steeds uit staatseffekte vlug.
Buitelandse beleggers sal waarskynlik ’n swakker rand en beter opbrengskoerse van staatseffekte vereis om na die plaaslike skuldmark terug te keer.
Terwyl buitelanders die afgelope drie jaar R60,6 miljard meer staatseffekte verkoop het as wat gekoop is, het die surplusse op die lopende rekening die behoefte aan ’n invloei van geld van beleggingsportefeuljes van oorsee getemper.