Kredietverskaffing het verlede jaar teen 2% nog swakker as in die vorige jaar gestyg – wat die laagste jaarlikse gemiddelde groei sedert 2010 is.
Die Reserwebank se kwartaalverslag vir die vierde kwartaal toon dit is stadiger as die reeds matige 2,7% van 2020.
Die groei in die verskaffing van lenings en krediet het in die tweede helfte van verlede jaar begin versnel namate kredietverlening aan maatskappye begin herstel het van ’n vroeëre inkrimping en namate die verbruikersvraag na krediet te midde van die verslapping van die inperkings verbeter het.