Die drie inisiatiewe waarmee Operasie Vulindlela tot dusver misluk het, is om Eskom se energiebeskikbaarheid tot bo 70% te kry, om die noodkragprogram vir 2 000 MW se bykomende kragopwekking af te handel en om die migrasie van analoog- tot digitale uitsaaiseine af te handel.
Die regering is andersins in sy skik omdat nege uit die 26 stappe om die ekonomie struktureel te hervorm wel al afgehandel is.
Dit wissel van die opheffing van die lisensiedrempel op private kragopwekking, toestemming aan munisipaliteite om krag van onafhanklike opwekkers te koop, die publikasie van ’n lys kritieke vaardighede, en die e-visumstelsel wat in 14 lande in werking gestel is.