Taxi’s sal Maandag landwyd loop ondanks die EFF en sekere vakbonde se beplande #NationalShutdown.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) het alle taxiverenigings opdrag gegee om hul lede en drywers in te lig dat bedrywighede Maandag voortgaan.
Vir die EFF is dit ’n stok in die wiel aangesien taxi’s die belangrikste vervoermiddel vir miljoene werknemers is.