In getalle is byna twee uit drie van die toeriste wat Kaapstad in die jaar vóór die pandemie besoek het, terug!
James Vos, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, sê die Kaapstadse Internasionale Lughawe ontvang nou al daagliks 25 000 passasiers.
Voorlopige inligting vir die week van 1 tot 6 Maart toon dat die aantal besoekers nou 58% is van wat dit in dieselfde week in 2019 – lank voordat die Covid-19-pandemie lugvaart en reise wêreldwyd tot stilstand geruk het – was.