Moenie tyd mors om oor die sogenaamde “maatskaplike verdrag” te praat nie – dit gaan nie gebeur nie. Fokus eerder op dié goed wat Suid-Afrika wél sou kon regkry, soos om paaie reg te maak.
Tito Mboweni was Woensdagoggend sy gebruiklike omstrede self met dié opmerking oor die verdrag wat pres. Cyril Ramaphosa op 10 Februarie in sy staatsrede aangekondig het.
Ramaphosa het nog net 16 dae oor as hy die “omvattende maatskaplike verdrag” binne 100 dae van sy staatsrede wil aankondig soos hy toe belowe het.