Sy werk as minister van finansies was nie ’n maklike verantwoordelikheid nie. Hy het weer soos ’n oorlogsveteraan gevoel wat die geveg moes lei om openbare hulpbronne van misbruik en vermorsing te beskerm, het Tito Mboweni, oudminister van finansies, Maandagaand gesê.
Dit was Mboweni se eerste amptelike optrede in die openbaar sedert hy as minister van finansies bedank en deur Enoch Godongwana opgevolg is.
Mboweni, wat ook voorheen minister van arbeid en president van die Reserwebank was, het ’n gedenklesing by die Rhodes-Universiteit in Makhanda (Grahamstad) in die Oos-Kaap gehou.