Die toerisme- en reisbedryf is bly en verlig ná die afskaffing van alle Covid-19-regulasies.
Daar geld geen perk meer op die getal mense wat byeenkomste kan bywoon nie, en vir dobbelplekke en konferensies is dit veral goeie nuus.
Rosemary Anderson, nasionale voorsitter van die bedryfsliggaam Fedhasa, sê die bedryf is verheug oor Woensdagaand se aankondiging dat die regering die beperking van 50%-kapasiteit vir onder meer konferensies, byeenkomste, uitstallings, konserte en groot stadions opgehef het.