Mauritius, die Seychelle, Namibië en Kenia is van Suid-Afrika se mededingers in die toerismemark wat verpligte koronavirus-toetse vir ingeënte reisigers afgeskaf het.
Die Suid-Afrikaanse regering verwag egter steeds dat alle ingeënte reisigers wat die land inkom, bewys van ’n negatiewe polimerasekettingreaksie (PKR)-toets toon. Dié regulasie is nie verslap of afgeskaf soos die reis- en toerismebedryf verlede week gehoop het nie.
LEES OOK: Toerisme hoop verpligte Covid-toetse vir reisigers waai