Die gasvryheidsbedryf is besig om optimisties vere reg te skud vir ’n baie bedrywiger partytjie- en trouseisoen as 2020 s’n.
Eienaars van onthaalplekke en diensverskaffers wat gewoonlik rondgehardloop het tussen venues om ligte te hang, blomme te doen en sprokiestroues te skep, was verlede jaar dié tyd in onstuimige waters.
Baie troues, gesellighede en partytjies is gekanselleer of uitgestel oor die onsekerhede van Covid-19, streng regulasies en gaste wat nie kon reis nie.