Suid-Afrika het in Mei ’n relatief beskeie handelsoorskot van R28,35 miljard behaal.
Dit is byna die helfte minder as die handelsoorskot van R52,31 miljard in Mei 2021, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens Vrydag bekend gemaak.
Ná April se selfs kleiner handelsoorskot, aangepas tot R16,01 miljard, beteken dit die handelsoorskot vir die jaar tot einde Mei is amper die helfte van wat dit in dieselfde tydperk in 2021 was. Dit beloop R105,87 miljard, teenoor R200,34 miljard vir die vyf maande tot Mei 2021.