Beurtkrag gaan die onlangse herstel van restaurante en toerismeondernemings ná die slagting van die Covid-19-pandemie vir dié bedryf dalk opnuut knou.
Dis nie net weens die koste wat beurtkrag vir hulle meebring nie, maar omdat mense wat dit kan bekostig, al hul geld nou daaraan bestee om sonkrag by hul huis te installeer. Hulle sal dus diskresionêre besteding besnoei om hul begrotings te laat klop, glo Mamello Matikinca-Ngwenya, hoofekonoom van FNB.
Verbruikersvertroue is nou so laag as wat dit tydens die inperkings weens die Covid-19-pandemie was.