Fikile Mbalula, minister van vervoer, pak die skuld vir die agteruitgang van Suid-Afrika se spoordienste op die De Villiers-verslag van 1986.
Dié verslag het volgens Mbalula die regering afgeraai om nuwe beleggings in spoorinfrastruktuur te doen en eerder bestaande bates meer intensief te benut.
Die deregulering van die padvervoersektor in 1988 het volgens Mbalula ook bygedra tot ’n hewige agteruitgang in groot dele van die spoorbedryf.