As die handreiniger wat jy gebruik groen, pers of pienk is en nog boonop lekker ruik, is dit waarskynlik nie doeltreffend om jou te beskerm teen virusse soos Covid-19 nie, sê kenners.
Simone Rudolph-Shortt, ’n bedryfsapteker, het aan Rapport gesê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO)-standaard vir handreiniger laat geen kleurmiddels toe nie omdat dit ’n middel se doeltreffendheid kan belemmer.
Melanie Kuster, tegniese direkteur by SteriTech, sê handreiniger met enige vorm van geur is nie aan te beveel nie. “Selfs iets organies soos sitroengras-olie kan die teen-mikrobiese doeltreffendheid van die alkohol in die handreiniger aansienlik verminder.”