Zwelinzima Vavi is weer eens tot hoofsekretaris van die vakverbond Saftu verkies.
Die omstrede leier het gesukkel om die verkiesing vlot te bestuur, maar het tog uiteindelik koning gekraai.
Dit kom etlike weke nadat Vavi ongrondwetlik deur sy eie kollegas uit die vakverbond geskors is in ’n poging om hom te ontsetel. Dié poging is vinnig in sy spore gestuit en die vier leiers daarvan is self geskors.