Die kabinet het Donderdag nuwe inperkingsregulasies vir die Covid-19-pandemie goedgekeur. Dis weer Vrydagoggend op ’n nuuskonferensie deur Mondli Gungubele, minister in die presidensie, uiteengesit. Hier is ’n samevatting van wat jy moet weet.
Suid-Afrika is nou reeds sedert 1 Oktober op vlak 1 van die staat van inperking, waarop die land dus deur die piek van die Omikron-gedrewe vierde vlaag was. Ondanks die verslapping van regulasies bly die land in ’n ramptoestand vir die pandemie. Die ramptoestand geld in dié stadium tot 15 Januarie.