Al is die land op vlak 2 van die staat van inperking gaan dit waarskynlik steeds minstens twee jaar neem vir die ekonomie om te herstel.
Dit is die mening van prof. Raymond Parsons, verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, en Martin Kingston, hoof van Business for South Africa (B4SA) se ekonomiese werkgroep.
B4SA het lank voordat pres. Cyril Ramaphosa Saterdagaand aangekondig het dat die staat van inperking Maandag na vlak 2 skuif, gewaarsku dat dit só lank gaan neem vir die ekonomie om te herstel weens die Covid-19-pandemie.