Moet jy bang wees vir hoër belasting of dat jou huis gegryp gaan word? Wat presies kan Suid-Afrikaners van die nuwe minister van finansies verwag?
Ontleders beskryf Enoch Godongwana as ’n pragmatis en iemand wat regs eerder as links is op die ANC-skaal.
Pessimiste is bekommerd dat hy groter staatsinmenging in die ekonomie voorstaan as sy voorganger, Tito Mboweni, en dat die staat se geldsake onder sy hand sal verswak eerder as verbeter.