Suid-Afrika se versoek by die Wêreldbank vir ’n lening van $750 miljoen is Vrydag amptelik deur die Wêreldbank se raad van direkteure goedgekeur.
Dié lening van sowat R11,4 miljard teen heersende wisselkoerse is spesifiek aangevra om Suid-Afrika se herstelpoging en armoedeverligting weens die Covid-19-pandemie te steun.
Suid-Afrika gaan die geld gebruik om die ekonomiese heropbou- en herstelplan in werking te stel, het die nasionale tesourie in ’n verklaring gesê.