Kos, klere, beddegoed en brandstof, asook drank en sjokolade.
Dís waaraan verbruikers dié Paasfees meer gaan bestee, volgens navorsing wat prof. Carel van Aardt van die Buro vir Marknavorsing aan Unisa namens Connect Capital gedoen het.
Ondanks wat Van Aardt ’n “perfekte storm” noem, word die beste Paasvakansie-besteding in drie jaar verwag. Weinig inperkings geld nou vergeleke met die vorige twee Paasvakansies en Covid-19 is nie werklik meer veel van ’n faktor vir verbruikers nie, maar Van Aardt sê daar is minstens 30 faktore wat besteding kan demp.