Die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarberaad in die Switserse ski-oord Davos het Sondag amptelik begin.
Dié topberaad vir elite vanuit die internasionale sakesektor, politiek, wetenskap en samelewing duur tot 26 Mei en is vir die eerste keer weer vanjaar in lewende lywe in Davos aangebied nadat dit die afgelope twee jaar weens die Covid-19-pandemie aanlyn of elders gehou is.
Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne sal die beraad Maandag toespreek.