Beurtkrag gaan “tot verdere kennisgewing” op fase 3 bedags en fase 4 oornag voortduur, het Eskom bekend gemaak.
Dit beteken fase 4 begin om 16:00 en duur tot 05:00.
Die nutsmaatskappy het nog nie gesê hoeveel van sy opwekkingsvermoë op die oomblik afgeskakel is nie.