Eskom het Maandag gewaarsku dat beurtkrag opnuut dreig. Netwerk24 kyk na die stand van die algehele kragnetwerk.
Eskom se kragnetwerk het ’n teoretiese opwekkingsvermoë van 47 275 megawatt (MW).
Dit sluit egter sy noodreserwes in, in die vorm van sy pompopgaarskemas en oopsiklusgasturbines.