André de Ruyter, vorige uitvoerende hoof van Eskom, het van hom laat hoor en is bereid om wel voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) te verskyn.
De Ruyter se regsverteenwoordigers het Skoor gekontak en aangedui hy sal ’n skriftelike voorlegging aan die komitee stuur en is ook bereid om voor Skoor te verskyn op ’n gekose datum van die komitee, het Mkhuleko Hlengwa, voorsitter van Skoor, Donderdag in ’n verklaring gesê.
Volgens Hlengwa is De Ruyter op 17 Maart uitgenooi om te antwoord op vrae wat komiteelede het oor sy bewerings oor korrupsie by Eskom wat hy op 23 Februarie in ’n onderhoud met die nuusdiens eNCA gemaak het.