Eskom het Vrydag om 05:00 sy beurtkrag met een fase afgeskuif van fase 5 na fase 4.
Dit sal tot verdere kennisgewing op fase 4 bly, het Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, laat weet.
’n Volledige verklaring sal volg wanneer daar enige verdere ontwikkelings is, het hy gesê.