Dié Suid-Afrikaners wat snags deur elektroniese apparaat wakker gemaak word wanneer hul krag ná beurtkrag aangaan, kan uitsien na ’n ononderbroke nagrus Sondagaand.
Eskom het pas bekend gemaak beurtkrag word om middernag opgeskort.
Dit hervat egter weer om 05:00, net betyds vir dié wat ’n verskoning soek om Maandagoggend in die gim te vermy.