Fase 2-beurtkrag gaan vir die hele komende week saans van 17:00 tot 22:00 ingestel moet word, het Eskom Sondagaand gewaarsku.
Dit is weens ’n volgehoue tekort aan kragopwekking.
Eskom waarsku boonop dat daar gevalle kan wees dat hy beurtkrag ook buite dié ure sal moet instel, maar hy sal poog om dit tot die aandspitstyd te beperk om die uitwerking te versag.