Eskom gaan Saterdag weer van 17:00 tot 22:00 Fase 2-beurtkrag toepas en dit sal na verwagting deur die week op dieselfde tyd ingestel word.
Die nutsmaatskappy sê die kragnetwerk is steeds onder druk. Eskom sal voortgaan om die situasie te monitor en sal enige veranderinge kommunikeer soos dit ontvou.
’n Opwekkingseenheid elk by die kragstasies Arnout, Kusile, Majuba, Hendrina en twee eenhede by Lethabo het onklaar geraak in die afgelope 24 uur, en dit vereis noodherstelwerk.