Die beleg van talle van Eskom se kragstasies deur werkers wat hoër loonverhogings eis, het reeds regstreeks gelei tot die toepassing van fase 4-beurtkrag – en nóg hoër fases dreig nou.
Die onwettige staking deur werkers by nege van Eskom se steenkoolkragstasies het uitgekring en daar is nou “ongelooflike” vlakke van intimidasie van dié wat nog probeer werk.
So het Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, Vrydagmiddag op ’n mediakonferensie gesê nadat fase 4-beurtkrag om 11:00 ingestel moes word.