Eskom pas al byna drie weke aaneenlopend beurtkrag toe, tot selfs fase 4, en daar is min hoop dat daar ’n blaaskans op die horison is.
Die jongste statistieke van Eskom dui op ’n verbetering in sy vermoë om krag op te wek oor die afgelope twee weke. Soos Eskom sy beplande instandhouding afgeskaal het vir die winter, het meer opwekkingseenhede beskikbaar geword vir diens.
Ongelukkig het die vraag na krag ook terselfdertyd gestyg.