Eskom het in die eerste helfte van by boekjaar ’n wins van net R3,8 miljard gemaak.
Vir die boekjaar wat Vrydag, op 31 Maart, eindig gaan sy verlies waarskynlik ’n verbysterende R32,4 miljard beloop.
Dié skoksyfer is vervat in die groep se tussentydse resultate vir die ses maande tot einde September, dus vóór die vlaag beurtkrag op hoë fases in Desember begin het.