Eskom verwag om beurtkrag Maandagoggend 05:00 tot fase 3 af te skaal nadat fase 4 sedert Saterdagaand om 22:00 ingestel is.
Fase 3 sal tot Dinsdagoggend 05:00 duur wanneer afgeskaal sal word na fase 2, het Eskom Sondagmiddag laat weet.
’n Kragopwekkingseenheid by die Grootvlei-kragstasie en een by die Matimba-kragstasie moes oor die naweek vir herstelwerk afgeskakel word, het Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder, gesê.