Eskom sal nou van 17:00 tot 22:00 Maandag fase 4-beurtkrag toepas in plaas van fase 3.
’n Opwekkingseenheid by die Kusile-steenkoolkragstasie het Maandagmiddag onklaar geraak, wat 720 MW opwekkingsvermoë uit die netwerk haal, het Eskom in ’n verklaring laat weet.
Dit is bykans gelykstaande aan die opwekkingsvermoë wat met een hele fase beurtkrag bespaar word.